Belgiese Grand Prix

Die Belgiese Grand Prix is 'n motorwedren wat sedert 1925 in België plaasvind. Die wedren het in 1950 deel geword van die Formule Eenwêreldkampioenskap, en sedert 1925 (behalwe in 1971–1984) word dit by die "Circuit de Spa-Francorchamps" in Stavelot, België, gehou.

Sedert sy ingebruikneming is Spa-Francorchamps bekend vir sy onvoorspelbare weer. Op 'n stadium in sy geskiedenis het dit elke jaar gereën by die Belgiese Grand Prix vir twintig jaar opeenvolgend. Renjaers bevind hulself soms op 'n skoon, droë deel van die baan, net om op 'n ander deel reën en 'n glibberige oppervlak te ondervind.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne